Saturday 31 March 2012

Vrou val in swembad, verdrink

Pretoria – 'n Vrou het Saterdagoggend in 'n swembad by 'n huis in Faerie Glen, Pretoria, verdrink, het paramedici gesê.

Dit wil voorkom of die 47-jarige huishulp in die water geval het terwyl sy naby die swembad gewerk het, het Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare 911, gesê.

"Inwoners het haar in die water sien dryf en het haar uit die swembad getrek en met KPR begin."

Die vrou is dood voor paramedici op die toneel aangekom het, het Wicks gesê.

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment