Wednesday 30 May 2012

Boomtak val kind dood by skool

Johannesburg – ‘n Sewejarige skoolseun het Dinsdag gesterf nadat ‘n boomtak op hom geval het by ‘n laerskool in Chaka’s Head aan die noordkus van KwaZulu-Natal, het paramedici gesê.

Hy het vermoedelik onder die boom gestaan toe die tak op hom geval het van ‘n hoogte van 10 meter af, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. Hy het dit as ‘n “fratsongeluk” beskryf.

Die seun het gesterf voordat paramedici gearriveer het, het hy gesê.

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment