Tuesday 31 July 2012

Mosselbaai: Projek Winterhoop gee hoop

MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV neem elke jaar deel aan Projek Winterhoop wat 'n landswye veldtog is wat PEN en Metro Evangeliese Sorg in samewerking met verskeie kerke, welsynsorganisasies, RSG Radio en KykNet aanbied om die nood in ons land gedurende wintertyd aan te spreek en te verlig.

Vanjaar se tema is "Warm harte met hande".

ACVV Mosselbaai Maatskaplike Dienste doen 'n beroep op u om betrokke te raak deur klere, komberse, kos en toiletware in te samel en beskikbaar te stel sodat hulle dit aan behoeftige mense in die wintertyd kan versprei. "Kom vat saam met ons hande en maak koue harte warm hierdie winter."

Vir navrae kontak Esthe of Magda by 044 691 1039, of indien u goedere wil skenk, kan u dit by die ACVV-kantore in Montagustraat 116 (Hoek van Montagu- en Wassungstraat) op Mosselbaai aflewer.

- Mossel Bay Advertiser

No comments:

Post a Comment