Thursday 30 August 2012

Motlanthe: Kernprogram nog nie uitgemaakte saak

Kaapstad – Die regering het nog nie ‘n besluit geneem oor ‘n uitgebreide kernprogram of wat dit gaan kos nie, het adj.pres. Kgalema Motlanthe gesê.

“Ons is nog nie in ‘n posisie waar sulke besluite geneem is nie. Die vrae oor die koste en die volhoubaarheid is nog nie geantwoord nie,” het Motlanthe aan verslaggewers in Kaapstad gesê.

Motlanthe, wat die voorsitter is van die nasionale kernenergie-bestuur- en koördineringskomitee, sê hy het waarskuwings in die Nasionale Ontwikkelingsplan oor die hoë koste van kernkrag ter harte geneem.

Hy het egter ook gesê Suid-Afrika se ondervinding in die veld van kernkrag, wat tans by die Koeberg-sentrale gegenereer word, kan van groot waarde wees.

“Ons sal nie uitgaan en alles koop nie, ons sal net uitgaan en koop wat ons nie self kan vervaardig nie,” het hy bygevoeg.

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment